Ou Testament

Nuwe Testament

2 Tessalonisense 2:5-17 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)

5. Onthou julle nie? Toe ek nog by julle was, het ek julle van hierdie dinge vertel.

6. Dan weet julle ook wat hom nog daarvan terughou om op sy bestemde tyd na vore te tree.

7. Die wetteloosheid werk inderdaad alreeds in die geheim, maar net totdat die een wat dit terughou, uit die weg geruim is –

8. dán sal die wettelose op die toneel verskyn. Hy sal egter deur die asem uit die Here Jesus se mond doodgemaak en deur die glans van sy koms vernietig word.

9. Satan sal dit bewerk dat die wettelose mens se koms gepaardgaan met groot magsvertoon en tekens en vals wonderwerke.

10. Sy koms sal ook gepaardgaan met allerhande bose misleiding van dié wat verlore gaan. Hulle gaan verlore omdat hulle nie die waarheid liefgehad en tot hulle verlossing aanvaar het nie.

11. Daarom stuur God ’n kragtige dwaling na hulle sodat hulle die leuen glo.

12. Só sal almal veroordeel word wat nie die waarheid geglo het nie, maar die kwaad gekies het.

13. Maar, broers en susters, geliefdes van die Here, dit pas ons om God altyd oor julle te dank. God het julle immers gekies om as eerstes verlos te word. Hy verlos julle deur die Gees wat julle aan Hom toewy en deur geloof in die waarheid.

14. Deur die Goeie Nuus wat ons verkondig, het God julle hiertoe geroep sodat julle die heerlikheid van ons Here Jesus Christus kan verkry.

15. Met dit in gedagte, broers en susters, staan vas! Hou by al die oorgelewerde geloofswaarhede wat julle geleer het, of dit nou deur ons woorde of briewe was.

16. Verder, mag ons Here Jesus Christus en God ons Vader – Hý wat ons liefgehad het en wat ons deur sy genade ’n ewige troos en ’n goeie vooruitsig gegee het – mag Hy self

17. julle harte vertroos en julle sterk maak in elke goeie daad en woord.

Lees volledige hoofstuk 2 Tessalonisense 2