Ou Testament

Nuwe Testament

2 Petrus 1:15-21 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)

15. Daarom sal ek moeite doen om hierdie dinge aan julle te verduidelik. Ek wil hê julle moet dit onthou lank ná ek nie meer hier is nie.

16. Ons het ons verseker nie op mites verlaat toe ons vir julle vertel het van die krag van ons Here Jesus Christus en sy terugkeer nie. Met ons eie oë het ons Hom in al sy koninklike prag gesien.

17. Dis mos Hý wat eer en heerlikheid van God die Vader ontvang het toe die Allerhoogste Majesteit gesê het: “Hý is my Seun wat Ek van harte liefhet; Hy is ’n kind so na my hart!”

18. Ons het self hierdie stem uit die hemel hoor kom toe ons saam met Hom op die heilige berg was.

19. Dit laat die boodskap van die profete vir ons nog vaster staan. Luister baie mooi na hulle woorde, want dis soos ’n lamp wat in ’n donker plek skyn – totdat Christus verskyn en sy helder lig julle harte verlig.

20. Julle moet veral weet dat geen profesie van die Skrif ontstaan het deur die profeet se eie insig nie.

21. Geen profesie is ooit deur die wil van ’n mens voortgebring nie. Inteendeel, dit was die Heilige Gees wat die profete God se woorde laat verkondig het.

Lees volledige hoofstuk 2 Petrus 1