Ou Testament

Nuwe Testament

2 Korintiërs 4:1-5 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)

1. Daarom dan, terwyl ons deur God se genade hierdie bediening ontvang het, gooi ons nooit die handdoek in nie.

2. Maar ons het afstand gedoen van die geheime dinge wat ’n mens skaam maak. Ons leefstyl is nie dié van misleiding of om die woord van God te verdraai nie. Inteendeel, met die bekendmaking van die waarheid, beveel ons onsself aan by elkeen wat ’n eerlike gewete voor God het.

3. As ons Goeie Nuus nog versluier is, is dit net bedek vir dié wat verlore gaan.

4. Dit is die god van hierdie bedeling wat die gedagtes van die ongelowiges verblind sodat hulle die lig van die Goeie Nuus nie kan sien nie. Dit is die Goeie Nuus van die heerlikheid van Christus, Hy wat die ewebeeld van God is.

5. Ons verkondig nie onsself nie, maar Jesus Christus as die Here, en onsself as julle diensknegte ter wille van Jesus.

Lees volledige hoofstuk 2 Korintiërs 4