Ou Testament

Nuwe Testament

2 Korintiërs 11:19-25 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)

19. Julle wat só slim is, verdra mos geredelik die dwase.

20. Julle verdra dit as iemand julle op sleeptou neem, as iemand julle uitbuit, as iemand julle inloop, as iemand grootmeneer speel, as iemand julle trompop beledig.

21. Ek sê dit tot my “skande” dat ons te “swak” daarvoor was!Nou praat ek regtig soos ’n dwaas: As iemand dit wil waag om te spog, ek kan nog meer spog.

22. Is hulle Hebreërs? Ek ook. Is hulle Israeliete? Ek ook. Is hulle die saad van Abraham? Ek ook.

23. Is hulle diensknegte van Christus, ek nog meer – nou praat ek regtig asof ek heeltemal van my verstand af is! Wat harde werk betref, uitermate; wat tronke betref, uitermate; wat katshoue betref, in die oortreffende trap; in doodsgevare dikwels.

24. Vyf maal het ek van die Jode die gebruiklike straf van 39 houe gekry;

25. drie maal is ek met stokke geslaan, en een keer is ek met klippe gegooi. Drie maal het ek skipbreuk gely en een van daardie kere het ek ’n dag en ’n nag op die oop see oorleef.

Lees volledige hoofstuk 2 Korintiërs 11