Ou Testament

Nuwe Testament

1 Timoteus 2:8-15 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)

8. Waar julle ook al vergader, wil ek hê mans moet bid met hulle hande opgehef na God, vry van woede en twis.

9. En ek wil hê vroue moet beskeie wees in hulle voorkoms. Hulle behoort ordentlike en paslike klere te dra en nie die aandag op hulleself te vestig deur die manier waarop hulle hulle hare tooi of goud of pêrels of duur klere dra nie.

10. Want vroue wat aanspraak daarop maak om toegewy aan God te lewe behoort hulleself aantreklik te maak deur die goeie dinge wat hulle doen.

11. Vroue behoort te luister en moet stil en onderdanig leer.

12. Ek laat vroue nie toe om mans te onderrig of oor hulle gesag uit te oefen nie. Laat hulle eerder stilweg luister.

13. Want God het Adam eerste gemaak en daarna Eva.

14. En dit was die vrou, nie Adam nie, wat deur Satan verlei is, en sonde was die gevolg.

15. Maar vroue sal gered word deur hulle rol as moeders te aanvaar en deur volhardend te leef in geloof, liefde, toewyding aan God en beskeidenheid.

Lees volledige hoofstuk 1 Timoteus 2