Ou Testament

Nuwe Testament

1 Timoteus 2:1-8 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)

1. Eerstens spoor ek jou aan om vir alle mense te bid met smeking, voorbidding en danksegging.

2. Bid só vir konings en alle ander in gesagsposisies sodat ons in vrede en rustigheid, toewyding en eerbaarheid kan lewe.

3. So is dit goed en aanneemlik vir God, ons Verlosser,

4. want Hy wil dat almal verlos word en die waarheid verstaan.

5. Want daar is net een God en een Middelaar wat God en mens kan versoen. Hy is die mens Christus Jesus.

6. Hy het sy lewe gegee om vryheid vir elkeen te koop. Dit is die boodskap wat God aan die wêreld gegee hetop die bestemde tyd.

7. En ek is gekies – dit is die absolute waarheid – as ’n prediker en apostel om die nie-Joodse nasies te onderrig in geloof en waarheid.

8. Waar julle ook al vergader, wil ek hê mans moet bid met hulle hande opgehef na God, vry van woede en twis.

Lees volledige hoofstuk 1 Timoteus 2