Ou Testament

Nuwe Testament

1 Korintiërs 9:12-16 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)

12. As julle ander ondersteun wat by julle optree, kom dit ons dan nie nog meer toe nie? En tog het ons nie van hierdie reg gebruik gemaak nie! Ons sal dit eerder verduur as om die Goeie Nuus oor Christus in enige opsig te benadeel.

13. Weet julle nie dat hulle wat in die tempel werk, te ete kry van die offers wat na die tempel gebring word nie? En dat hulle wat die altaar bedien, ’n deel kry van die offerandes nie?

14. Net so het die Here opdrag gegee dat hulle wat die Goeie Nuus verkondig, versorg moet word deur dié aan wie hulle die Goeie Nuus verkondig.

15. En tog het ek in geen opsig daarvan gebruik gemaak nie. Ek skryf hierdie dinge ook nie om te suggereer dat dit nou met my moet gebeur nie. Om die waarheid te sê – ek sterf eerder as om my daarop te beroem dat ek die Goeie Nuus kosteloos verkondig.

16. As ek dan inderdaad die Goeie Nuus verkondig, is dit vir my geen besondere prestasie nie. Ek is verplig om dit te doen. Wee my as ek dit sou nalaat!

Lees volledige hoofstuk 1 Korintiërs 9