Ou Testament

Nuwe Testament

1 Korintiërs 8:10-13 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)

10. Julle sien, dit kan maklik gebeur dat iemand jou sien aansit vir ’n ete in ’n afgodstempel. Omdat jy die nodige kennis het, besef jy daar is niks daarmee verkeerd nie. Maar gaan jy nie daarmee jou sensitiewe medegelowiges aanmoedig om teen hulle gewete in afgodsoffervleis te gaan eet nie?

11. Dan gaan jou sensitiewe medegelowige deur jou danige kennis verlore – iemand vir wie Christus sy lewe gegee het.

12. So sondig julle teen Christus self wanneer julle teen julle broers en susters sondig deur hulle sensitiewe gewetens te laat seerkry.

13. Daarom – as iets wat ek eet ’n ander gelowige laat struikel, sal ek nooit weer vleis eet nie. Ek wil nie aandadig wees aan die val van ’n medegelowige nie.

Lees volledige hoofstuk 1 Korintiërs 8