Ou Testament

Nuwe Testament

1 Korintiërs 8:1-5 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)

1. Kom ons praat nou oor vleis wat aan afgode geoffer is – ’n saak waaroor julle ook navraag gedoen het. Ons weet julle sê: “Ons het almal kennis oor hoe ons moet optree.” Kennis laat ’n mens belangrik voel; die liefde, daarenteen, bou ’n gemeente op.

2. As jy dink jy weet alles, het jy nog nie die ware kennis nie.

3. Maar as jy God liefhet, dan ken God jou en jy is vir Hom belangrik.

4. Wat dan die eet van afgodsoffervleis betref – wel, ons weet almal dat ’n wêreldse afgod eintlik een groot niks is en dat daar in werklikheid geen god is nie, behalwe die een ware God.

5. Selfs al sou daar, volgens sommige, gode in die hemel en op die aarde wees – ja, daar is inderdaad baie wat “God” en “Here” genoem word –

Lees volledige hoofstuk 1 Korintiërs 8