Ou Testament

Nuwe Testament

1 Korintiërs 5:5-11 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)

5. Dan moet julle daardie man aan Satan oorgee sodat sy sondige aard vernietig word, maar hyself verlos kan word op die oordeelsdag.

6. Dis erg dat julle nog oor julle spiritualiteit kan spog terwyl julle iets soos hierdie in julle midde toelaat. Besef julle nie dat as selfs net een persoon toegelaat word om so voort te gaan, almal binnekort aangetas sal wees nie, soos suurdeeg die hele deeg suur maak?

7. Verwyder hierdie slegte invloed onder julle uit sodat julle weer nuut en skoon kan wees, want dit is tog wat julle in wese is. Ook vir ons is daar immers ’n Paaslam geslag – Christus.

8. Kom ons vier dan fees, nie met die ou brood van sonde en onsedelikheid nie, maar met die nuwe brood van reinheid en waarheid.

9. In my vorige brief het ek vir julle geskryf dat julle nie met mense moet assosieer wat ’n onsedelike lewe lei nie.

10. Daarmee het ek hoegenaamd nie die ongelowiges van die wêreld bedoel wat ’n onsedelike lewe lei of gierigaards of swendelaars of afgodsdienaars is nie. Om dit reg te kry sou julle hierdie wêreld moes verlaat!

11. Wat ek bedoel het, is wat ek nou in hierdie brief bevestig: Julle moenie in die gemeente assosieer met iemand wat op Christenskap aanspraak maak en ten spyte daarvan ’n onsedelike lewe lei of ’n gierigaard of afgodsdienaar of kwaadsteker of dronkaard of swendelaar is nie. Julle moenie eers saam met so iemand eet nie.

Lees volledige hoofstuk 1 Korintiërs 5