Ou Testament

Nuwe Testament

1 Korintiërs 5:1-5 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)

1. Ek kon my ore byna nie glo om van die seksuele vergrype onder julle te hoor nie – daarby van so ’n ernstige aard dat dit selfs nie onder die ongelowiges voorkom nie. Ek moes verneem dat daar iemand in julle gemeente is wat met sy stiefma in sonde saamleef.

2. En dan is julle nog so trots op julleself! Pleks dat julle treur en toesien dat hierdie man wat sulke dinge aanvang, uit julle midde verwyder word!

3-4. Al was ek nie self daar saam met julle nie, is ek tog in die gees by julle en het ek, asof ek teenwoordig is, al klaar in die Naam van ons Here Jesus ’n oordeel uitgespreek oor die man wat so iets gedoen het. Julle moet ’n gemeentevergadering saamroep. Ek sal in die gees daar wees en die krag van ons Here Jesus sal ook saam met julle daar wees.

5. Dan moet julle daardie man aan Satan oorgee sodat sy sondige aard vernietig word, maar hyself verlos kan word op die oordeelsdag.

Lees volledige hoofstuk 1 Korintiërs 5