Ou Testament

Nuwe Testament

1 Korintiërs 16:20-24 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)

20. Al die broers en susters hier het my gevra om julle namens hulle te groet. Groet mekaar met die soen van Christelike liefde.

21. Hier is my eie groet. Ek is Paulus, en ek skryf dit met my eie hand.

22. As iemand die Here nie liefhet nie – laat hom vervloek wees. Kom, ons Here!

23. Mag die genade van ons Here Jesus met julle wees.

24. Mag my liefde met julle almal in Christus Jesus bly.

Lees volledige hoofstuk 1 Korintiërs 16