Ou Testament

Nuwe Testament

1 Korintiërs 11:1-7 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)

1. Volg julle dan my voorbeeld, soos ek Christus s’n volg.

2. Ek wil julle daarvoor prys dat julle in alles aan my dink en dat julle bly vashou aan ons geloofsoortuigings soos ek dit aan julle oorgedra het.

3. Ek wil egter hê julle moet weet dat Christus hoof is oor elke man, dat die man hoof is oor sy vrou en dat God hoof is oor Christus.

4. Elke man wat met ’n kopbedekking bid of profeteer, doen Christus oneer aan.

5. En elke vrou wat bid of profeteer sonder dat sy haar kop bedek, doen haar man oneer aan, want dis dieselfde as wanneer haar hare afgeskeer sou wees.

6. Ja, as sy weier om ’n kopbedekking te dra, kan sy ewe goed haar hare ook maar afsny. Maar aangesien dit ’n skande vir ’n vrou is as haar hare afgesny of haar kop kaalgeskeer is, behoort sy ’n kopbedekking te dra.

7. ’n Man behoort egter nie ’n kopbedekking op te hê wanneer hy aanbid nie, want hy is God se beeld en sieraad. Die vrou is weer die man se sieraad.

Lees volledige hoofstuk 1 Korintiërs 11