Ou Testament

Nuwe Testament

Z'kharyah 9:3-10 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

3. want Tzor het vir haarself ’n vesting gebou en silwer opgehoop soos stof en goud soos die vuilgoed van die strate,

4. let op, יהוה sal haar onteien en haar rykdom in die see gooi en sy sal deur vuur verteer word.

5. Ashkelon sal dit sien en vrees; ook `Azah sal wriemel in groot pyn; ook `Ekron, want haar verwagtinge is verydel; meer nog, die koning sal sterf vanuit `Azah en in Ashkelon sal nie gewoon word nie.

6. ’n Gemengde ras (Jood / nie-Jood) sal in Ashdod bly en Ek sal die trotsheid van die F’lishtyne afsny.

7. Ek sal die bloed uit hulle mond verwyder en hulle verwerplike dinge van tussen hulle tande uit, dan sal hulle ook vir ons God oorgeblewenes wees en wees soos ’n familie in Y’hudah en `Ekron soos ’n Y’vusiet.

8. Ek sal ’n versorger aanstel oor my huis as gevolg van hom wat verbykom, as gevolg van hom wat weer terugkom en geen onderdrukker sal meer oor hulle kom nie, want nou het Ek met My eie oë gesien.Mat 21:5 op ’n jong donkie, die vul van ’n donkie.Yog 12:15

9. Swaai in die rondte van vreugde, oorvloediglik, o dogter van Tziyon! Skreeu dit uit, o dogter van Yerushalayim! Let op, jou Koning kom na jou toe; Hy is regverdig en toegerus met verlossing, nederig en ry op ’n donkie,

10. Ek sal die strydwa vanaf Efrayim en die perd vanaf Yerushalayim afsny en die gevegsboog sal vernietig word. Hy sal vrede tot die nasies praat en Sy heerskappy sal wees van see tot see en vanaf die Rivier (Eufraat) tot aan die eindes van die aarde.

Lees volledige hoofstuk Z'kharyah 9