Ou Testament

Nuwe Testament

Z'kharyah 8:4-13 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

4. So sê יהוה-Tzva’ot: “Ou manne en ou vroue sal weer in die strate van Yerushalayim sit, elke man met sy staf in sy hand as gevolg van ouderdom.

5. Die strate van die stad sal vol wees met seuns en dogters wat in die strate speel.’

6. So sê יהוה-Tzva’ot: ‘As dit te moeilik is in die oë van die wat van hierdie volk oorgebly het in daardie dae, sal dit ook te moeilik wees in My oë?’ verklaar יהוהTzva’ot.

7. So sê יהוה-Tzva’ot: ‘Let op, Ek gaan My volk verlos uit die land van die ooste en uit die land van die weste

8. en hulle bring en hulle sal midde-in Yerushalayim bly en hulle sal My volk wees en Ék sal hulle God wees, in waarheid en onpartydige opregtheid.”

9. So sê יהוה-Tzva’ot: ‘Laat julle hande onveranderlik sterk wees, julle wat in hierdie dae na die boodskappe uit die mond van die profete luister op die dag toe die fondasie van die huis van יהוה-Tzva’ot gelê is sodat die tempel gebou kon word,

10. want vóór daardie dae was daar geen loon vir die mense of enige loon vir die diere nie en vir die wat uit- of ingegaan het was daar geen rustigheid as gevolg van sy vyande nie en Ek het al die mense die een teen die ander opgestel.

11. Nou sal Ek egter nie die wat oorgebly het van die volk behandel soos in vroeër dae nie,’ verklaar יהוה-Tzva’ot,

12. ‘want daar sal vrede wees vir die saad: die wingerdstok sal sy vrug gee en die land sy opbrengs lewer en die hemel sal sy dou gee en Ek sal die wat oorgebly het van die volk al hierdie dinge laat erf.

13. Dit sal gebeur dat net soos julle ’n vloek was onder die nasies, o huis van Y’hudah en huis van Yisra’el, so sal Ek julle red sodat julle ’n seën kan word. Moenie vrees nie, laat julle hande onveranderlik sterk wees,’

Lees volledige hoofstuk Z'kharyah 8