Ou Testament

Nuwe Testament

Z'kharyah 5:6-10 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

6. Ek het gesê: “Wat is dit?” Hy antwoord: “Dit is die efa wat uitgaan.” Weer het hy gesê: “So lyk hulle in die hele land

7. (let op, ’n looddeksel is opgelig) en hierdie is ’n vrou wat binne-in die efa sit.”

8. Toe het hy gesê: “Hierdie is Boosheid!” Hy het haar binne-in die efa gegooi en die looddeksel op die opening gegooi.

9. Toe het ek my oë opgelig en gekyk en daar het twee vroue uit gekom met die wind in hulle vlerke en hulle het vlerke gehad soos die vlerke van ’n ooievaar en hulle het die efa opgelig tussen die aarde en die hemele.

10. Ek het vir die boodskapper wat met my gepraat het, gesê: “Waarheen bring hulle die efa?”

Lees volledige hoofstuk Z'kharyah 5