Ou Testament

Nuwe Testament

Z'kharyah 4:4-14 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

4. Toe het ek vir die boodskapper wat met my gepraat het, gesê: “Wat beteken dit, my meester?”

5. Die boodskapper wat met my gepraat het, antwoord en sê vir my: “Weet jy nie wat hierdie is nie?” Ek het gesê: “Nee, my meester.”

6. Toe sê hy vir my: “Dit is die woord van יהוה aan Z’rubavel, wat sê: ‘Nie deur mag of deur krag nie, maar deur My Gees,’ sê יהוה-Tzva’ot.

7. ‘Wat is jy, o groot berg? Voor Z’rubavel sal jy ’n vlakte word en hy sal die sluitsteen te voorskyn bring met uitroepe van: “Onverdiende guns, onverdiende guns daarvoor!”’”

8. Die boodskap van יהוה het ook tot my gekom en gesê:

9. “Die hande van Z’rubavel het die fondasie van hierdie huis gelê en sy hande sal dit voltooi, dan sal jy weet dat יהוה-Tzva’ot my na julle toe gestuur het,

10. want wie verag die dag van klein dinge? Hierdie sewe sal egter bly wees as hulle die skietlood in die hand van Z’rubavel sien; dit is die oë van יהוה wat heen en weer die aarde deurkruis.”

11. Toe het ek vir hom gesê: “Wat is hierdie twee olyfbome aan die regterkant van die kandelaar en aan sy linkerkant?”

12. Ek het die tweede keer gepraat en vir hom gesê: “Wat is die twee olyftakke wat langs die twee goue pype is wat die goue olie uit hulleself leeg maak?”

13. Hy antwoord my en sê: “Weet jy nie wat hierdie is nie?” Ek antwoord: “Nee, my meester.”

14. Toe sê hy: “Hierdie is die twee gesalfdes wat by die Meester van die ganse aarde staan.”

Lees volledige hoofstuk Z'kharyah 4