Ou Testament

Nuwe Testament

Z'kharyah 4:12-14 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

12. Ek het die tweede keer gepraat en vir hom gesê: “Wat is die twee olyftakke wat langs die twee goue pype is wat die goue olie uit hulleself leeg maak?”

13. Hy antwoord my en sê: “Weet jy nie wat hierdie is nie?” Ek antwoord: “Nee, my meester.”

14. Toe sê hy: “Hierdie is die twee gesalfdes wat by die Meester van die ganse aarde staan.”

Lees volledige hoofstuk Z'kharyah 4