Ou Testament

Nuwe Testament

Z'kharyah 14:5-9 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

5. Julle sal vlug deur die vallei van My berge, want die vallei van die berge sal loop tot by Atzel; ja, julle sal vlug net soos julle gevlug het voor die aardbewing in die dae van `Uziyah, koning van Y’hudah, dan sal יהוה, my God, kom en al die afgesonderdes saam met Hom!

6. In daardie dag sal daar geen lig wees nie, die sterre sal verflou,Open 22:5

7. want dit sal ’n unieke dag wees wat aan יהוה bekend is, geen dag of geen nag nie, maar dit sal gebeur dat daar teen die aand lig sal wees.

8. In daardie dag sal daar lewende waters vanuit Yerushalayim vloei, die helfte daarvan na die oostelike see en die ander helfte na die westelike see; dit sal in die somer, sowel as in die winter wees.Deut 6:4; Open 22:1

9. יהוה sal Koning wees oor die hele aarde; op daardie dag sal יהוה Een wees en Sy Naam Een.

Lees volledige hoofstuk Z'kharyah 14