Ou Testament

Nuwe Testament

Z'kharyah 14:10-21 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

10. Die hele land sal in ’n vlakte verander word, vanaf Geva tot by Rimmon, suid van Yerushalayim, maar Yerushalayim sal opstaan en bly aan sy kant van die poort van Binyamin, so ver as tot by die plek van die Eerste poort, tot by die Hoekpoort en vanaf die toring van Hanan’el tot by die parskuipe van die koning.

11. Mense sal daarin woon en daar sal nie langer ’n vloek wees nie, want Yerushalayim sal in veiligheid bly.

12. Hierdie sal die plaag wees waarmee יהוה al die volke sal tref wat opgetrek het om teen Yerushalayim te veg: hulle vlees sal verrot terwyl hulle op hul voete staan, hulle oë sal in hulle holtes verrot en hulle tong sal in hulle mond verrot.

13. Dit sal gebeur in daardie dag dat ’n groot paniek vanaf יהוה op hulle sal val en hulle sal mekaar se hand vasgryp en die hand van die een sal opgelig word teen die hand van die ander.

14. Y’hudah sal ook in Yerushalayim veg en die rykdom van al die nasies rondom sal ingesamel word: goud, silwer en klere in groot oorvloed.

15. Net soos hierdie plaag is, sal die plaag wees op die perd, die muil, die kameel, die donkie en al die beeste wat in daardie kampe sal wees,Open 15:4

16. dan sal dit gebeur dat enige wat oorbly uit al die nasies wat teen Yerushalayim opgegaan het, van jaar tot jaar sal opgaan om die Koning, יהוה-Tzva’ot, te aanbid en om die Fees van Hutte (Sukkot) te vier.

17. Dit sal wees dat wie ook al uit al die families van die aarde, nie na Yerushalayim sal opgaan om die Koning, יהוה-Tzva’ot, te aanbid nie, daar geen reën op hulle sal val nie.

18. As die familie van Mitzrayim nie opgaan of ingaan nie, dan sal die plaag waarmee יהוה die nasies tref wat nie opgaan om die Fees van Hutte (Sukkot) te vier nie, ook op hulle val.

19. Dit sal die straf vir Mitzrayim wees en die straf vir al die nasies wat nie opgaan om die Fees van Hutte (Sukkot) te vier nie.

20. Op daardie dag sal op die klokke van die perde staan: “Afgesonderd tot יהוה!” Die kookpotte in die huis van יהוה sal wees soos die komme voor die altaar.

21. Elke kookpot in Yerushalayim en in Y’hudah sal afgesonderd wees tot יהוה-Tzva’ot en almal wat offer, sal kom en daarvan vat en daarin kook. In daardie dag sal daar geen Kena’aniet meer in die huis van יהוה-Tzva’ot wees nie.

Lees volledige hoofstuk Z'kharyah 14