Ou Testament

Nuwe Testament

Z'kharyah 1:10-18 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

10. Die man wat tussen die mirtebome gestaan het, het geantwoord en gesê: “Hierdie is hulle wat יהוה gestuur het om die aarde te patrolleer.”

11. Hulle het die boodskapper van יהוה, wat tussen die mirtebome gestaan het, geantwoord en gesê: “Ons het die aarde gepatrolleer en let op, die hele aarde is vredevol en rustig.”

12. Toe het die boodskapper van יהוה gesê: “O יהוה-Tzva’ot, hoe lank sal U geen liefdevolle omgee hê vir Yerushalayim en vir die stede van Y’hudah, waarmee U hierdie sewentig jaar verontwaardig was nie?”

13. יהוה het die boodskapper wat met my gepraat het, met gunstige, vertroostende woorde geantwoord.

14. Die boodskapper wat met my gepraat het, het vir my gesê: “Verkondig en sê: ‘So sê יהוה-Tzva’ot: “Ek is uitermate jaloers oor Yerushalayim en oor Tziyon,

15. maar Ek is baie kwaad vir die gemaklike nasies, want terwyl Ek net ’n bietjie kwaad was, het hulle die ramp aangehelp;”Yeg 40-46

16. daarom, so sê יהוה: “Ek sal terugkom na Yerushalayim met liefdevolle omgee; My huis sal daarin gebou word,” verklaar יהוה-Tzva’ot, “en ’n maatband sal oor Yerushalayim uitgestrek word.”’

17. “Verkondig weer en sê: ‘So sê יהוה-Tzva’ot: “My stede sal weer oorloop met voorspoed en יהוה sal Tziyon weer vertroos en Yerushalayim weer kies.”’”

18. (2:1) Toe het ek my oë opgelig en gekyk en let op: vier horings.

Lees volledige hoofstuk Z'kharyah 1