Ou Testament

Nuwe Testament

Yonah 2:1-5 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

1. (2:2) Toe het Yonah tot יהוה, sy God, gebid vanuit die maag van die vis

2. (2:3) en hy het gesê: “Uit my benoudheid het ek יהוה aangeroep en Hy het my geantwoord. Vanuit die diepte van Sh’ol het ek uitgeroep om hulp; U het my stem gehoor,

3. (2:4) want U het my in die diepte gegooi, in die binneste van die seë en die stroom het my ingesluk; al U deinings en golwe het oor my gegaan.

4. (2:5) Ek het gesê: ‘Ek is uit U Teenwoordigheid verban, nogtans sal ek weer in die rigting van U afgesonderde tempel kyk.

5. (2:6) Water het my omring tot op die punt van die dood, die groot vis het my ingesluk, seegras was om my kop gedraai.

Lees volledige hoofstuk Yonah 2