hoofstukke

  1. 1
  2. 2
  3. 3
  4. 4

Ou Testament

Nuwe Testament

Yonah 2 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

1. (2:2) Toe het Yonah tot יהוה, sy God, gebid vanuit die maag van die vis

2. (2:3) en hy het gesê: “Uit my benoudheid het ek יהוה aangeroep en Hy het my geantwoord. Vanuit die diepte van Sh’ol het ek uitgeroep om hulp; U het my stem gehoor,

3. (2:4) want U het my in die diepte gegooi, in die binneste van die seë en die stroom het my ingesluk; al U deinings en golwe het oor my gegaan.

4. (2:5) Ek het gesê: ‘Ek is uit U Teenwoordigheid verban, nogtans sal ek weer in die rigting van U afgesonderde tempel kyk.

5. (2:6) Water het my omring tot op die punt van die dood, die groot vis het my ingesluk, seegras was om my kop gedraai.

6. (2:7) Ek het afgegaan tot by die wortels van die berge, die aarde met sy tralies was vir ewig rondom my, maar U het my lewe uit die put uit opgebring, יהוה, my God!

7. (2:8) Terwyl ek weggetaan het, het ek יהוה onthou en my gebed het, in U afgesonderde tempel, na U toe gekom.

8. (2:9) Die wat nietige afgode erken, verlaat hulle vertrouenswaardigheid,

9. (2:10) maar ek sal tot U offer met ’n stem van danksegging. Dit wat ek beloof het, sal ek betaal. Redding is vanaf יהוה.”

10. (2:11) Toe het יהוה die vis beveel en dit het Yonah op die droë grond uitgespoeg.