Ou Testament

Nuwe Testament

Yo'el 3:6-12 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

6. en die seuns van Y’hudah en Yerushalayim aan die Yavanese verkoop het, om hulle van hul grondgebied af te verwyder.

7. Let op, Ek gaan hulle laat opstaan uit die plek waarheen julle hulle verkoop het en julle vergelding op julle koppe laat neerkom.

8. Ek sal ook julle seuns en julle dogters in die hand van die seuns van Y’hudah verkoop en dié sal hulle verkoop aan die seuns van Sh’va, aan ’n nasie wat ver is,” want יהוה het gepraat.

9. Kondig dit aan onder die nasies: berei voor vir ’n oorlog; wek die magtige manne op. Laat al die soldate naderkom, laat hulle opruk!

10. Smee julle ploegskare in swaarde en julle snoeimesse in spiese; laat die swakkes sê: “Ek is ’n magtige man.”

11. Haas julle en kom, al julle nasies rondom en kom daar bymekaar. Bring U magtiges af, o יהוה!

12. Laat die nasies opgewek word en opkom na die vallei van Y’hoshafat, want daar sal Ek sit om al die nasies rondom te oordeel.

Lees volledige hoofstuk Yo'el 3