hoofstukke

  1. 1
  2. 2
  3. 3

Ou Testament

Nuwe Testament

Yo'el 3 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

1. want let op, in daardie dae en in daardie tyd wanneer Ek die voorspoed van Y’hudah en Yerushalayim herstel,

2. sal Ek al die nasies bymekaarmaak en hulle afbring na die vallei van Y’hoshafat. Dan sal Ek hulle daar oordeel ter wille van My volk en My erfenis, Yisra’el, wat hulle onder die nasies verstrooi en My land opgedeel het.

3. Hulle het ook die lot gewerp oor My volk, ’n jong seun geruil vir ’n hoer en ’n meisie verkoop vir wyn dat hulle dit kan drink.

4. Meer nog, wat is julle vir My, o Tzor, Tzidon en al die streke van F’leshet? Bied julle vir My vergelding aan? As julle My egter vergeld, sal Ek vinnig en gou julle vergelding op julle kop laat neerkom.

5. Aangesien julle My silwer en My goud gevat het en My kosbare skatte na julle tempels gebring het

6. en die seuns van Y’hudah en Yerushalayim aan die Yavanese verkoop het, om hulle van hul grondgebied af te verwyder.

7. Let op, Ek gaan hulle laat opstaan uit die plek waarheen julle hulle verkoop het en julle vergelding op julle koppe laat neerkom.

8. Ek sal ook julle seuns en julle dogters in die hand van die seuns van Y’hudah verkoop en dié sal hulle verkoop aan die seuns van Sh’va, aan ’n nasie wat ver is,” want יהוה het gepraat.

9. Kondig dit aan onder die nasies: berei voor vir ’n oorlog; wek die magtige manne op. Laat al die soldate naderkom, laat hulle opruk!

10. Smee julle ploegskare in swaarde en julle snoeimesse in spiese; laat die swakkes sê: “Ek is ’n magtige man.”

11. Haas julle en kom, al julle nasies rondom en kom daar bymekaar. Bring U magtiges af, o יהוה!

12. Laat die nasies opgewek word en opkom na die vallei van Y’hoshafat, want daar sal Ek sit om al die nasies rondom te oordeel.

13. Steek die sekel in, want die oes is ryp! Kom, trap, want die parskuip is vol, die vate loop oor, want hulle boosheid is groot.

14. Menigtes, menigtes in die Vallei van Beslissing, want die dag van יהוה is naby in die Vallei van Beslissing!Mar 13:25

15. Die son en die maan word donker en die sterre verloor hulle helderheid.

16. יהוה brul uit Tziyon en verhef Sy stem uit Yerushalayim en die hemele en die aarde bewe, maar יהוה sal ’n toevlug wees vir Sy volk en ’n vesting vir die seuns van Yisra’el,Yeg 47:22-23

17. dan sal julle weet dat Ek יהוה, julle God is, wat woon op Tziyon, My afgesonderde berg. Yerushalayim sal afgesonderd wees en vreemdelinge sal nie meer deur dit trek nie.Yeg 47:1-12

18. Op daardie dag sal die berge drup van soetwyn en die heuwels sal vloei met melk en al die stroompies van Y’hudah vloei met water; ’n fontein sal uit die huis van יהוה uitkom om die vallei van Sheetim water te gee.

19. Mitzrayim sal ’n woesteny word en Edom ’n verlate wildernis, as gevolg van die geweld wat aan die seuns van Y’hudah gedoen is, in wie se land hulle onskuldige bloed vergiet het.

20. Y’hudah sal egter vir ewig bewoon word en Yerushalayim vir alle geslagte.

21. Ek sal hulle bloed wreek, wat Ek nog nie gewreek het nie, want יהוה bly in Tziyon.