Ou Testament

Nuwe Testament

Yo'el 1:1-5 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

1. Die boodskap van יהוה wat tot Yo’el, die seun van P’tu’el, gekom het.

2. Luister hierna, o oudstes en luister, al die inwoners van die land! Het so iets in julle dae of in die dae van julle vaders gebeur?

3. Vertel julle seuns daarvan en laat julle seuns dit aan hulle seuns vertel en húlle seuns aan die volgende geslag.

4. Wat die knaagsprinkaan laat oorbly het, het die treksprinkaan verslind en wat die treksprinkaan laat oorbly het, het die voetganger verslind en wat die voetganger laat oorbly het, het die kaalvretersprinkaan verslind.

5. Word wakker, dronkaards en huil! Treur, al julle wyndrinkers, oor die soetwyn wat afgesny is van julle mond,Deut 28:49

Lees volledige hoofstuk Yo'el 1