Ou Testament

Nuwe Testament

Yirmeyahu 9:1-5 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

1. Ag, het ek maar ’n herberg vir reisigers in die woestyn gehad sodat ek my volk kon verlaat en van hulle af kon weggaan, want almal van hulle is owerspelers, ’n vergadering van valse mense.

2. “Hulle span hulle tong, soos hulle boog; leuens, nie waarheid nie, hou aan in die land, want hulle gaan voort van boosheid tot boosheid en hulle ken My nie,” verklaar יהוה.

3. “Laat elkeen op sy hoede wees vir sy naaste en vertrou op geen broer nie, want elke broer handel onderduims en elke naaste gaan as ’n kwaadprater om.

4. Elkeen bedrieg sy naaste en praat nie die waarheid nie; hulle het hul tong geleer om leuens te praat; hulle maak hulself moeg met onregverdigheid.

5. Jou blyplek is in die middel van misleiding; deur misleiding weier hulle om My te ken,” verklaar יהוה.Yes 1:25

Lees volledige hoofstuk Yirmeyahu 9