Ou Testament

Nuwe Testament

Yirmeyahu 8:7-17 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

7. Selfs ’n reier in die lug ken haar seisoene en die tortelduif, die swaweltjie en die kraanvoël kom die tyd van hulle migrasie na, maar My volk ken nie die instellings van יהוה nie.

8. Hoe kan julle sê: ‘Ons is wys en die wet van יהוה is by ons?’ Let op, die leuenpen van die skrywers het dit tot ’n leuen gemaak.

9. Die wyse manne word beskaamd, is ontsteld en uitgevang. Let op, hulle het die woord van יהוה verwerp en watter soort wysheid sou hulle hê?

10. Ek sal daarom hulle vroue aan ander gee, hulle landerye aan nuwe eienaars, want van die kleinste tot die grootste is almal gierig na wins; vanaf die profeet tot die priester praktiseer almal misleiding.

11. Hulle genees die gebrokenheid van die dogter van My volk kunsmatig en sê: ‘Vrede, vrede,’ maar daar is geen vrede nie.

12. Was hulle skaam vir die gruwel wat hulle gedoen het? Hulle was geensins skaam nie. Hulle het nie eens geweet hoe om te bloos nie; daarom sal hulle val onder die wat val; in die tyd dat Ek hulle straf, sal hulle neergegooi word,” sê יהוה.Hav 3:17

13. “Ek sal hulle sekerlik weggryp,” verklaar יהוה. “Daar sal geen druiwe aan die wingerdstok wees en geen vye aan die vyeboom nie. Die blare sal verdor en wat Ek vir hulle gegee het, sal verbygaan.’””

14. Waarom sit ons stil? Kom bymekaar en laat ons in die versterkte stede ingaan en daar vergaan, want יהוה, ons God, het ons verdoem en giftige water vir ons gegee om te drink, want ons het teen יהוה gesondig.

15. Ons het gewag op vrede, maar niks goeds het gekom nie; op ’n tyd van genesing, maar let op, verskrikking!

16. Vanaf Dan word die gesnork van sy perde gehoor. Met die klank van die gerunnik van sy hingste bewe die hele land, want hulle kom en verteer die land en sy volheid, die stad en sy inwoners.

17. “Want let op, Ek stuur slange teen jou, adders waarteen geen beswering is nie en hulle sal julle byt,” verklaar יהוה.

Lees volledige hoofstuk Yirmeyahu 8