Ou Testament

Nuwe Testament

Yirmeyahu 8:1-9 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

1. “In dié tyd,” verklaar יהוה, “sal hulle die bene van die konings van Y’hudah, die bene van sy prinse, die bene van die priesters, die bene van die profete en die bene van die inwoners van Yerushalayim uit hulle grafte uitbring.

2. Hulle sal dit uitsprei voor die son, die maan en voor die hele leër van die hemel wat hulle liefgehad en gedien het, waar agter hulle aangeloop het, wat hulle gesoek en wat hulle aanbid het. Hulle sal nie bymekaargemaak of begrawe word nie, hulle sal wees soos mis op die aardoppervlak.

3. Die dood sal bo die lewe verkies word deur almal wat oorbly van hierdie bose familie, wat in al die plekke, waarheen Ek hulle verdryf het, oorgebly het,” verklaar יהוה-Tzva’ot.

4. “Jy moet vir hulle sê: ‘So sê יהוה: “Val iemand en staan nie weer op nie? Draai een weg en erken nie en draai nie terug nie?

5. Waarom dan het hierdie volk, Yerushalayim, weggedraai in voortdurende afvalligheid? Hulle hou vas aan misleiding, hulle weier om terug te keer.

6. Ek het geluister en gehoor: hulle praat wat nie reg is nie; geen mens het erken en berou oor sy boosheid en sê: ‘Wat het ek gedoen’ nie? Elkeen slaan sy koers in, soos ’n perd wat in die geveg in storm.

7. Selfs ’n reier in die lug ken haar seisoene en die tortelduif, die swaweltjie en die kraanvoël kom die tyd van hulle migrasie na, maar My volk ken nie die instellings van יהוה nie.

8. Hoe kan julle sê: ‘Ons is wys en die wet van יהוה is by ons?’ Let op, die leuenpen van die skrywers het dit tot ’n leuen gemaak.

9. Die wyse manne word beskaamd, is ontsteld en uitgevang. Let op, hulle het die woord van יהוה verwerp en watter soort wysheid sou hulle hê?

Lees volledige hoofstuk Yirmeyahu 8