Ou Testament

Nuwe Testament

Yirmeyahu 6:11-22 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

11. maar ek is vol van die toorn van יהוה; ek is moeg daarvan om dit in te hou. “Giet dit uit oor die seuns op die straat en oor die vergadering van jongmanne, want beide man en vrou sal gevat word, die grysaard en die baie oues.

12. Hulle huise sal na ander toe oorgedra word, hulle landerye en vroue saam, want Ek sal My hand uitsteek teen die inwoners van die land,” verklaar יהוה,

13. “want vanaf die minste van hulle tot die grootste is hulle almal gulsig na wins en vanaf die profeet tot die priester handel hulle almal vals.

14. Hulle het die gebrokenheid van My volk kunsmatig genees en gesê: ‘Vrede, vrede,’ maar daar is geen vrede nie.

15. Was hulle skaam vir die gruwel wat hulle gedoen het? Hulle was geensins skaam nie. Hulle het nie eens geweet hoe om te bloos nie; daarom sal hulle val onder die wat val; in die tyd dat Ek hulle straf, sal hulle neergegooi word,” sê יהוה.Mat 11:29 maar hulle het gesê: ‘Ons sal nie daarin loop nie.’

16. So sê יהוה: “Staan langs die pad en kyk en vra na die ou paaie, waar die goeie pad is en loop daarin en julle sal rus vind vir julle lewe,

17. Ek het ook wagte oor julle aangestel en gesê: ‘Luister na die geluid van die ramshoring!’ Hulle het egter geantwoord: ‘Ons sal nie luister nie.’

18. Luister en hoor daarom, o nasies en weet, o vergadering, wat onder hulle is,

19. luister en hoor, aarde: ‘Let op, Ek bring ’n ramp oor hierdie volk, die vrug van hulle planne, want hulle het nie na My woorde geluister nie en My wet, dié het hulle ook verwerp.

20. Met watter doel kom wierook na My toe uit Sh’va en die soet rottang uit ’n ver land? Julle brandoffers is nie aanvaarbaar nie en julle offers stel My nie tevrede nie’.”

21. יהוה sê daarom: “Let op, Ek lê struikelblokke voor hierdie volk en hulle sal daaroor struikel, vaders en seuns saam; die buurman en sy vriend sal doodgaan.”

22. So sê יהוה: “Let op, daar kom ’n volk uit die noordelike land en ’n groot nasie sal opgewek word uit die verste dele van die aarde.

Lees volledige hoofstuk Yirmeyahu 6