Ou Testament

Nuwe Testament

Yirmeyahu 52:1-11 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

1. Tzidkiyahu was een en twintig jaar oud toe hy koning geword het en hy het vir elf jaar in Yerushalayim regeer en sy moeder se naam was Hamutal, die dogter van Yirmeyahu van Livnah.

2. Hy het boos gedoen in die oë van יהוה, soos alles wat Y’hoyakim gedoen het.

3. As gevolg van hierdie booshede het die woede van יהוה teen Yerushalayim en Y’hudah gekom totdat Hy hulle uit Sy Teenwoordigheid uitgegooi het. Tzidkiyahu het rebelleer teen die koning van Bavel.

4. Nou, dit het gebeur in die negende jaar van sy regering, in die tiende maand, op die tiende van die maand dat N’vukhadnetzar, koning van Bavel, teen Yerushalayim gekom het, hy en sy hele leër en hulle het daarteen laer opgeslaan en ’n beleëringsmuur reg rondom dit gebou.

5. So was die stad beleër tot die elfde jaar van koning Tzidkiyahu.

6. In die vierde maand, op die negende van die maand, toe die hongersnood so erg was in die stad dat daar geen brood was vir die mense van die land nie,

7. is in die stad ingebreek en al die krygsmanne het gevlug en in die nag uit die stad getrek en uitgegaan deur die poort, tussen die twee mure wat by die koning se tuin is, alhoewel die Kasdeërs reg rondom die stad was en hulle het deur die Vlakte gegaan.

8. Die leër van die Kasdeërs het egter die koning agternagejaag en Tzidkiyahu in die vlaktes van Yerigo ingehaal en sy hele leër is van hom af verstrooi.

9. Toe vang hulle die koning en bring hom op na die koning van Bavel, na Rivlah, in die land van Hamat en hy het ’n vonnis oor hom uitgespreek.

10. Toe het die koning van Bavel die seuns van Tzidkiyahu voor sy oë doodgeslaan en hy het ook al die prinse van Y’hudah in Rivlah doodgeslaan

11. en hy het die oë van Tzidkiyahu verblind en die koning van Bavel het hom met koper kettings geboei en hom na Bavel gebring en hom in die tronk gesit tot die dag van sy dood toe.

Lees volledige hoofstuk Yirmeyahu 52