Ou Testament

Nuwe Testament

Yirmeyahu 51:32-37 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

32. Die driwwe is ook oorgevat en hulle het die rietvleie met vuur verbrand en die krygsmanne is vreesbevange,

33. want so sê יהוה-Tzva’ot, die God van Yisra’el: “Die dogter van Bavel is soos ’n dorsvloer in die tyd as dit vasgetrap word; tog sal die oestyd in ’n kort rukkie vir haar kom.”

34. “N’vukhadnetzar, koning van Bavel, het my verteer, my verpletter; hy het my neergesit soos ’n leë houer; hy het my ingesluk soos ’n monster; hy het sy maag vol gemaak met my lekkernye en my toe laat afdwaal.”

35. Die inwoners van Tziyon sal sê: “Mag die geweld wat aan my en my vlees gedoen is, op Bavel wees” en Yerushalayim sal sê: “Mag my bloed wees op die inwoners van die land van die Kasdeërs!”

36. יהוה sê daarom: “Let op, Ek sal jou saak verdedig en volle wraak vir jou kry en Ek sal haar see opdroog en haar fonteine droog maak.

37. Bavel sal ’n puinhoop word, ’n lêplek van jakkalse, ’n voorwerp van verskrikking en bespotting, sonder inwoners.

Lees volledige hoofstuk Yirmeyahu 51