Ou Testament

Nuwe Testament

Yirmeyahu 51:3-17 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

3. Die boogskutter sal nie ophou sy boog span nie en die soldaat nie sy pantser afhaal nie; spaar nie haar jongmanne nie; sonder haar ganse leër af vir vernietiging!

4. Hulle sal dood neerval in die land van die Kasdeërs en in hul strate deurboor word,”

5. want nie Yisra’el of Y’hudah is in die steek gelaat deur hulle God, deur יהוה-Tzva’ot nie, alhoewel hulle land vol skuld is voor die Afgesonderde Een van Yisra’el.

6. Vlug uit Bavel uit en red elkeen sy lewe; moenie vernietig word in haar straf nie, want dit is יהוה se tyd van wraak; Hy gaan aan haar haar verdiende loon gee.Open 17:4

7. Bavel was ’n goue beker wat die hele aarde dronk gemaak het in die hand van יהוה; die nasies het van haar wyn gedrink; daarom het die nasies gek geword.

8. Skielik het Bavel geval en is gebreek. Huil oor haar; bring balsem vir haar pyn! Miskien sal sy gesond gemaak word.

9. Ons het genesing aan Bavel gegee, maar sy is nie genees nie; verlaat haar en laat ons elkeen na sy eie land gaan, want haar oordeel ryk tot aan die hemel en toring op tot in die lug.

10. יהוה het ons onskuld duidelik gemaak; kom en laat ons in Tziyon die werk van יהוה, ons God, oorvertel!

11. Maak skerp die pyle, vul die kokers! יהוה het die gees van die konings van die Mede opgewek, want Sy doel is teen Bavel, om dit te verwoes, want dit is die wraak van יהוה, die wraak vir Sy tempel.

12. Lig ’n banier op teen die mure van Bavel; sit ’n sterk wag uit, sit patrollies uit, sit manne in hinderlae, want יהוה het beide beplan en uitgevoer wat Hy aangaande die inwoners van Bavel gesê het.

13. Jy wat by baie waters bly, oorvloedig in skatte, jou einde het gekom, die maat van jou einde.

14. יהוה-Tzva’ot het by Homself gesweer: “Ek sal jou sekerlik vul met ’n populasie soos sprinkane en hulle sal uitroep met krete van oorwinning oor jou.”

15. Hy het die aarde gemaak deur Sy krag, die wêreld gegrond deur Sy wysheid en die hemel uitgestrek deur Sy begrip.

16. Wanneer Hy Sy stem laat hoor, is daar ’n geruis van waters in die hemel en Hy laat die wolke opgaan vanaf die einde van die aarde; Hy maak weerlig vir die reën en laat die wind uitkom uit sy opgaarplekke.

17. Die hele mensdom is dom, sonder kennis; elke goudsmid word beskaamd deur sy afgode, want sy gegote beelde is misleidend en daar is geen asem in hulle nie.

Lees volledige hoofstuk Yirmeyahu 51