Ou Testament

Nuwe Testament

Yirmeyahu 50:5-19 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

5. Hulle sal vir die pad na Tziyon vra met hulle gesigte daarheen gedraai; hulle sal kom sodat hulle hul aan יהוה kan verbind in ’n ewige verbond wat nie vergeet sal word nie.Mal 2

6. My volk het verlore skape geword; hulle herders het hulle laat dwaal, hulle laat wegdraai op die berge; hulle het gegaan van berg na heuwel en hulle het hul rusplek vergeet.

7. Almal wat op hulle afgekom het, het hulle verteer en hulle teëstanders het gesê: ‘Ons is nie skuldig nie, aangesien hulle gesondig het teen יהוה, die Woning van Onpartydige opregtheid, יהוה die Aktiewe Verwagting van hulle vaders.’

8. Vlug vanuit die middel van Bavel en gaan uit die land van die Kasdeërs uit; wees soos bokramme aan die hoof van die trop,Dan 5:22

9. want let op, Ek gaan ’n menigte van groot nasies uit die land van die noorde opwek en teen Bavel bring en hulle sal hul gevegslyn opstel teen haar; daarvandaan sal sy gevange geneem word; hulle pyle sal wees soos dié van ’n deskundige soldaat wat nie met leë hande terugkom nie.

10. Die land van die Kasdeërs sal geplunder word; almal wat hom plunder sal genoeg hê,” verklaar יהוה.

11. “Omdat julle bly is, omdat julle verheug is, julle plunderaars van My erfenis, omdat jy rond huppel soos ’n vers wat graan dors en julle runnik soos hingste,

12. sal julle moeder grootliks beskaamd wees; sy wat geboorte aan julle gegee het, sal verneder word. Let op, die laaste van die nasies sal ’n wildernis, ’n verskroeide land en ’n woestyn wees.

13. Weens die verontwaardiging van יהוה sal dit nie bewoon word nie, maar geheel en al ’n verlatenheid wees; elkeen wat by Bavel verbygaan, sal verskrik wees en spot as gevolg van al haar wonde.

14. Trek julle gevegslyne op teen Bavel aan elke kant, almal van julle wat die boog span! Skiet op haar, moenie spaarsamig wees met die pyle nie, want sy het teen יהוה gesondig.

15. Lig jou gevegskreet aan elke kant teen haar op. Sy het haarself oorgegee, haar pilare het geval, haar mure is afgebreek, want dit is die wraak van יהוה; wreek julle op haar, soos sy aan ander gedoen het, doen so aan haar!

16. Sny die saaier af van Bavel en die een wat die sekel swaai in die oestyd; van voor die swaard van die onderdrukker sal elkeen na sy eie volk draai en elkeen na sy eie land vlug!

17. Yisra’el is ’n verstrooide trop, die leeus het hulle weggedryf. Die eerste een wat hom verslind het, was die koning van Ashur en nou die laaste een wat sy bene gebreek het, was N’vukhadnetzar, koning van Bavel;”2 Kon 19:37

18. daarom, so sê יהוה-Tzva’ot, die God van Yisra’el: “Let op, Ek gaan die koning van Bavel en sy land straf, net soos Ek die koning van Ashur gestraf het.

19. Ek sal Yisra’el terugbring na sy weiveld en hy sal wei op Karmel en Bashan en sy begeerte sal op die hoogland van Efrayim en Gil’ad bevredig word.

Lees volledige hoofstuk Yirmeyahu 50