Ou Testament

Nuwe Testament

Yirmeyahu 50:15-20 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

15. Lig jou gevegskreet aan elke kant teen haar op. Sy het haarself oorgegee, haar pilare het geval, haar mure is afgebreek, want dit is die wraak van יהוה; wreek julle op haar, soos sy aan ander gedoen het, doen so aan haar!

16. Sny die saaier af van Bavel en die een wat die sekel swaai in die oestyd; van voor die swaard van die onderdrukker sal elkeen na sy eie volk draai en elkeen na sy eie land vlug!

17. Yisra’el is ’n verstrooide trop, die leeus het hulle weggedryf. Die eerste een wat hom verslind het, was die koning van Ashur en nou die laaste een wat sy bene gebreek het, was N’vukhadnetzar, koning van Bavel;”2 Kon 19:37

18. daarom, so sê יהוה-Tzva’ot, die God van Yisra’el: “Let op, Ek gaan die koning van Bavel en sy land straf, net soos Ek die koning van Ashur gestraf het.

19. Ek sal Yisra’el terugbring na sy weiveld en hy sal wei op Karmel en Bashan en sy begeerte sal op die hoogland van Efrayim en Gil’ad bevredig word.

20. In daardie dae en in daardie tyd,” verklaar יהוה, “sal die oortredinge van Yisra’el gesoek word, maar dit sal niks wees nie en na die sondes van Y’hudah, maar hulle sal nie gevind word nie, want Ek sal hulle wat Ek laat oorbly vryspreek.

Lees volledige hoofstuk Yirmeyahu 50