Ou Testament

Nuwe Testament

Yirmeyahu 5:20-31 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

20. Verklaar dit in die huis van Ya’akov en verkondig dit in Y’hudah en sê:

21. ‘Hoor nou dit, o dwase en verstandelose volk, wat oë het, maar nie sien nie; wat ore het, maar nie hoor nie!

22. Het julle nie respekvolle vrees vir My nie?’” verklaar יהוה. “Bewe julle nie in My Teenwoordigheid nie? Want Ek het die sand gestel as ’n grens vir die see, as ’n ewige wet sodat dit nie daaroor sal gaan nie. Alhoewel die golwe rol, tog kan hulle nie bly staan nie; alhoewel hulle dreun, kan hulle nie daaroor gaan nie,

23. maar hierdie volk het ’n hardkoppige en rebelse verstand, wil en emosie; hulle het weggedraai en weggegaan.Deut 11:14

24. Hulle sê nie in hul verstand, wil en emosie: ‘Laat ons nou יהוה, ons God, respekvol vrees, wat reën gee op sy tyd, vroeë reëns en laat reëns, wat vir ons die vasgestelde weke van die oes in stand hou,’ nie.

25. Julle onregverdighede het hierdie dinge weggedraai en julle sondes het die goeie van julle af teruggehou,

26. want bose oortreders word onder My volk gevind; hulle kyk soos voëlvangers wat lê en wag; hulle het ’n val gestel, hulle vang mense.

27. Soos ’n hok vol voëls, so is hulle huise vol misleiding; daarom het hulle groot en ryk geword.

28. Hulle is vet, hulle is geslepe; hulle blink uit in dade van boosheid. Hulle bepleit nie die saak van die weeskind sodat hulle mag floreer nie en hulle verdedig ook nie die regte van die behoeftiges nie.

29. Sou Ek hulle nie straf nie?” verklaar יהוה. “Sal Ek Myself nie wreek op ’n nasie soos hierdie nie?”

30. ’n Skrikwekkende en verskriklike ding het in die land gebeur:

31. die profete profeteer vals en die priesters heers in hulle eie outoriteit en My volk hou daarvan so! Wat sal julle aan die einde daarvan doen?”

Lees volledige hoofstuk Yirmeyahu 5