Ou Testament

Nuwe Testament

Yirmeyahu 5:1-12 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

1. “Swerf heen en weer deur die strate van Yerushalayim en kyk nou en neem kennis en soek op haar oop pleine of julle iemand kan vind, of daar een is wat regverdig oordeel, wat waarheid soek, dan sal Ek haar vryspreek.

2. Alhoewel hulle sê: ‘So waar as יהוה leef,’ sweer hulle sekerlik vals.”

3. “O יהוה, soek U oë nie na waarheid nie? U het hulle neergeslaan, maar hulle het nie verswak nie; U het hulle verteer, maar hulle het geweier om korreksie te aanvaar. Hulle het hul gesigte harder gemaak as ’n rots; hulle het geweier om berou te hê en om te draai.”

4. Toe het ek gesê: “Hulle is slegs die minderes; hulle is dwaas omdat hulle die pad van יהוה, of die instellings van hulle God, nie ken nie.

5. Ek sal na die grotes toe gaan en met hulle praat, want hulle ken die pad van יהוה en die instellings van hulle God,” maar ook hulle het almal saam die juk verbreek, die bande stukkend geruk.

6. ’n Leeu uit die woud sal hulle daarom doodmaak, ’n wolf van die woestyne sal hulle vernietig; ’n luiperd hou hulle stede dop; almal wat uit hulle uitgaan, sal verskeur word, want hulle oortredinge is baie, hulle afvalligheid talryk.

7. “Waarom sou Ek jou vergewe? Jou seuns het My verlaat en gesweer by die wat nie god is nie. Toe Ek hulle tot versadigens toe gevoed het, het hulle owerspel gepleeg en opgebondel by die hoer se huis.

8. Hulle was vet gevoerde sterk hingste; elkeen runnik agter sy naaste se vrou aan.

9. Sou Ek hierdie dinge nie straf nie?” verklaar יהוה; “Op ’n nasie soos hierdie Myself nie wreek nie?

10. Gaan op deur haar wingerd-rye en verwoes, maar moet dit nie volkome vernietig nie; stroop weg haar takke, want hulle behoort nie aan יהוה nie,

11. want die huis van Yisra’el en die huis van Y’hudah het baie verraderlik teen My opgetree,” verklaar יהוה.

12. Hulle het aangaande יהוה gelieg en gesê: “Nie Hy nie; ongeluk sal nie oor ons kom nie en ons sal geen swaard of hongersnood sien nie.

Lees volledige hoofstuk Yirmeyahu 5