Ou Testament

Nuwe Testament

Yirmeyahu 49:4-17 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

4. Hoekom roem jy op jou valleie en jou breë vlaktes, o afvallige dogter, wat in haar skatte vertrou en sê: ‘Wie sal teen my kom?’

5. Let op, Ek gaan angs oor jou bring,” verklaar יהוה, God van die leërmagte; “van reg rondom jou en elkeen van julle sal reguit vorentoe uitgedryf word, met niemand om die vlugtelinge bymekaar te maak nie;

6. daarna sal Ek egter die welsyn van die seuns van `Ammon herstel,” verklaar יהוה.

7. Aangaande Edom: so sê יהוה-Tzva’ot: “Is daar geen wysheid meer in Teman nie? Ontbreek goeie raad by die verstandiges? Is hulle wysheid vervalle?

8. Vlug, draai terug, skuil in die dieptes, o inwoners van D’dan, want Ek sal die rampe van `Esav oor hom bring, op die tyd dat Ek hom straf.`Ov 1:5; Yeg 25:12-14

9. As druiwesnyers na jou toe kom, sal hulle nie ’n na-oes laat oorbly nie? As diewe in die nag kom, sal hulle net vernietig totdat hulle genoeg gehad het?

10. Ek het `Esav egter kaal afgestroop, Ek het sy skuilplekke oopgemaak sodat hy hom nie kan wegsteek nie; sy nageslag is verwoes saam met sy familie en sy bure en hy is nie meer nie.1 Tim 5:5

11. Laat jou wese agterbly, Ék sal hulle aan die lewe hou en laat jou weduwees in My vertrou,”

12. want so sê יהוה: “Let op, hulle wat nie veroordeel is om die beker te drink nie, sal dit sekerlik drink en is jy die een wat heeltemal vrygeskeld moet word? Jy sal nie vrygeskeld word nie, maar jy sal dit sekerlik drink,

13. want Ek het by Myself gesweer,” verklaar יהוה, “dat Botzrah ’n voorwerp van verskrikking, van verwyt, ’n verwoesting en ’n vervloeking sal word en al sy stede sal ewige puinhope wees.”

14. Ek het ’n boodskap van יהוה gehoor en ’n afvaardiging word onder die nasies gestuur om te sê: “Maak julleself bymekaar, kom teen haar aan en staan op vir die geveg,

15. want let op, Ek het jou klein gemaak onder die nasies, verag onder die mense.`Ov 1:3

16. Wat jou verskrikking betref, die arrogansie van jou verstand, wil en emosie het jou bedrieg, o jy wat woon in die rotsskeure, wat die top van die heuwel beset! Al maak jy jou nes so hoog soos die arend s’n, sal Ek jou daarvandaan afbring,” verklaar יהוה.

17. “Edom sal ’n voorwerp van verskrikking word; elkeen wat by hom verbygaan, sal geskok wees en spot met al sy wonde.

Lees volledige hoofstuk Yirmeyahu 49