Ou Testament

Nuwe Testament

Yirmeyahu 49:19-29 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

19. Let op, een sal soos ’n leeu uit die ruigtes van die Yarden opkom teen die standhoudend natgemaakte weiding, want in ’n oomblik sal Ek hom daarvan laat weghardloop en wie ook al gekies is, sal Ek daaroor aanstel, want wie is soos Ek en wie sal My dagvaar; wie is dan die herder wat teen My kan staan?”

20. Hoor en luister daarom na die plan van יהוה wat Hy teen Edom beplan het en Sy doelwitte wat Hy bedoel het teen die inwoners van Teman: waarlik, hulle sal die kleinstes van die kudde wegsleep; sekerlik sal Hy hulle weiveld ’n woesteny maak as gevolg van hulle.

21. Die aarde het geskud van die geluid van hulle val. Daar is ’n uitroep! Die klank daarvan word by die Sufsee gehoor.

22. Let op, Hy sal opstyg en sweef soos ’n arend en Sy vlerke teen Botzrah uitsprei en die binneste van die magtige manne van Edom sal op dié dag wees soos die binneste van ’n vrou in kraam.

23. Aangaande Dammesek: “Hamat en Arpad word tot skande gemaak, want hulle het slegte nuus gehoor; hulle is mismoedig. Daar is benoudheid by die see, dit kan nie gekalmeer word nie.

24. Dammesek het hulpeloos geword, sy het omgedraai om te vlug en paniek het haar aangegryp; benoudheid en steekpyne het haar aangegryp soos ’n vrou wat geboorte gee.

25. Hoe is die stad van lofprysing nie verlaat nie, die dorp van My vreugde!

26. Haar jongmanne sal daarom val in haar strate en al die krygsmanne sal in daardie dag stil gemaak word,” verklaar יהוה-Tzva’ot.

27. “Ek sal die muur van Dammesek aan die brand steek en dit sal die versterkte torings van Ben-Hadad verteer.”

28. Aangaande Kedar en die koninkryke van Hatzor wat N’vukhadnetzar, koning van Bavel, verslaan het: so sê יהוה: “Staan op, gaan op teen Kedar en wis die manne van die Ooste uit.

29. Hulle sal hulle tente en kleinvee wegvat; hulle sal vir hulleself hul tentdoeke, al hulle besittings en hulle kamele wegdra en hulle sal uitroep na mekaar: ‘Verskrikking aan elke kant!’

Lees volledige hoofstuk Yirmeyahu 49