Ou Testament

Nuwe Testament

Yirmeyahu 46:1-10 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

1. Dit wat as die woord van יהוה tot Yirmeyahu, die profeet, gekom het aangaande die nasies.

2. Tot Mitzrayim: aangaande die leër van Farao N’khoh, koning van Mitzrayim, wat by die Eufraatrivier by Kark’mish was, wat deur N’vukhadnetzar, koning van Bavel, verslaan is in die vierde jaar van Y’hoyakim, die seun van Yoshiyahu, koning van Y’hudah:

3. “Hou die groot en die klein skild gereed en gaan nader vir die geveg!

4. Span die perde in, klim op die strydros en neem jou stand met helms op! Politoer die spiese, trek die pantsers aan

5. omdat Ek hulle verslane, terugvallend gesien het en hulle magtige manne is verslaan en het skuiling gesoek in vlug, sonder om om te draai, want hulle was omsingel,” verklaar יהוה.

6. “Laat die vinnige man nie vlug nie en die magtige man nie ontsnap nie; in die noorde, langs die Eufraatrivier, het hulle gestruikel en geval.

7. Wie is dit wat daar oprys soos die Nyl, soos die riviere wat se waters heen en weer gaan?

8. Mitzrayim rys op soos die Nyl, soos die riviere wat se waters heen en weer gaan en hy het gesê: ‘Ek sal opstaan en die aarde bedek; ek sal sekerlik die stad en sy inwoners vernietig.’

9. Gaan op, julle perde en ry wild, julle strydwaens sodat die magtige manne vorentoe kan marsjeer: Kush en Put, wat die skild hanteer en die Ludiete wat die boog hanteer en span,2 Kef 3:10-12; Open 6:17

10. want daardie dag behoort aan יהוה, God van die leërmagte, ’n dag van wraak, om Homself te wreek op Sy vyande en die swaard sal verslind en versadig wees en hom vol drink aan hulle bloed, want daar sal ’n slagting wees vir יהוה, God van die leërmagte, in die land van die Noorde by die Eufraatrivier.

Lees volledige hoofstuk Yirmeyahu 46