Ou Testament

Nuwe Testament

Yirmeyahu 44:1-3 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

1. Die woord wat tot Yirmeyahu gekom het, vir al die Y’hudahiete wat in die land van Mitzrayim gebly het; die wat in Migdol, in Tagpanges, in Nof (Memfis) en in die land van Patros gebly het en hy het gesê:

2. “So sê יהוה-Tzva’ot, die God van Yisra’el: ‘Julle het self al die katastrofes gesien wat Ek oor Yerushalayim en oor al die stede van Y’hudah gebring het en let op, vandag is hulle in puin en niemand bly in hulle nie;

3. weens hulle boosheid wat hulle gedoen het, om My te tart tot woede deur aan te hou om offers te brand en ander gode te dien wat hulle nie geken het nie; nie hulle, julle of julle vaders nie.

Lees volledige hoofstuk Yirmeyahu 44