Ou Testament

Nuwe Testament

Yirmeyahu 42:10-15 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

10. as julle inderdaad in hierdie land sal bly, dan sal Ek julle opbou en nie afbreek nie en julle plant en nie uitruk nie, want Ek sal bedaar oor die katastrofe wat Ek julle mee getref het.

11. Moenie bang wees vir die koning van Bavel vir wie julle vrees nie; moenie bang wees vir hom nie,’ verklaar יהוה, ‘want Ek is by julle om julle te red en julle te bevry uit sy hand.

12. Ek sal ook vir julle sagte goedheid bewys sodat hy sagte goedheid aan julle sal wys en julle tot julle eie land herstel.

13. As julle egter gaan sê: “Ons sal nie in hierdie land bly nie” en só nie luister na die stem van יהוה, julle God, nie

14. en sê: “Nee, maar ons sal na die land van Mitzrayim gaan waar ons geen oorlog sal sien of die geluid van ’n ramshoring sal hoor of honger na brood sal hê nie en ons sal daar bly;”

15. dan, in daardie geval, luister na die woord van יהוה, o wat oorbly van Y’hudah! So sê יהוה-Tzva’ot, die God van Yisra’el: “As julle werklik julle gedagtes daarop sit om Mitzrayim binne te gaan om daar te gaan bly,

Lees volledige hoofstuk Yirmeyahu 42