Ou Testament

Nuwe Testament

Yirmeyahu 41:1-6 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

1. In die sewende maand het Yishma’el, die seun van N’tanyahu, die seun van Elishama, uit die koninklike familie en die bevelvoerende offisiere van die koning en tien man saam met hom in Mitzpah, by G’dalyahu, die seun van Agikam, gekom. Terwyl hulle daar in Mitzpah saam brood geëet het,

2. het Yishma’el, die seun van N’tanyahu en die tien manne wat by hom was, opgestaan en vir G’dalyahu, die seun van Agikam, die seun van Shafan, met die swaard neergeslaan en die een doodgemaak wat die koning van Bavel oor die land aangestel het.

3. Yishma’el het ook almal van Y’hudah wat by hom, by G’dalyahu, in Mitzpah was en die Kasdeërs, die krygsmanne, wat daar te vinde was, doodgeslaan.

4. Dit het gebeur op die volgende dag nadat hy G’dalyahu doodgemaak het terwyl niemand dit geweet het nie,

5. dat daar tagtig manne vanaf Sh’khem, Shiloh en Shomron gekom het met afgeskeerde baard, geskeurde klere en gekerfde liggame, met graanoffers en wierook in hulle hande om dit na die huis van יהוה te bring.

6. Toe het Yishma’el, die seun van N’tanyahu, al huilende uit Mitzpah uitgegaan om hulle te ontmoet en toe hy hulle ontmoet, sê hy vir hulle: “Kom na G’dalyahu, die seun van Agikam!”

Lees volledige hoofstuk Yirmeyahu 41