Ou Testament

Nuwe Testament

Yirmeyahu 40:8-13 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

8. Hulle het na G’dalyahu toe gekom in Mitzpah, saam met Yishma’el, die seun van N’tanyahu, Yoganan en Yonatan, die seuns van Kareag, S’rayah, die seun van Tangumet, die seuns van `Efai, die N’tofatiet en Y’zanyahu, die seun van die Ma’akhatiet, hulle en hulle manskappe.

9. G’dalyahu, die seun van Agikam, die seun van Shafan, het vir hulle en hulle manskappe gesweer en gesê: “Moenie bang wees om die Kasdeërs te dien nie; bly in die land en dien die koning van Bavel sodat dit met julle goed mag gaan.

10. Nou wat my betref, let op, ek gaan in Mitzpah bly om vir julle voor die Kasdeërs te staan wat na ons toe gekom het, maar wat julle aangaan, maak wyn, somervrugte en olie bymekaar en gooi dit in julle houers en bly in julle stede wat julle oorgeneem het.”

11. Net so het ook al die Y’hudahiete wat in Mo’av, tussen die seuns van `Ammon, in Edom en in al die lande was, gehoor dat die koning van Bavel vir Y’hudah ’n oorblyfsel agtergelaat het en dat hy G’dalyahu, die seun van Agikam, die seun van Shafan, oor hulle aangestel het.

12. Toe het al die Jode teruggekom vanaf al die plekke waarheen hulle verdryf is en na die land van Y’hudah, na G’dalyahu, in Mitzpah gekom en hulle het groot hoeveelhede wyn en somervrugte bymekaargemaak.

13. Yoganan, die seun van Kareag en al die bevelvoerders van die leërs wat in die veld was, het na G’dalyahu, in Mitzpah, gekom

Lees volledige hoofstuk Yirmeyahu 40