Ou Testament

Nuwe Testament

Yirmeyahu 40:13-16 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

13. Yoganan, die seun van Kareag en al die bevelvoerders van die leërs wat in die veld was, het na G’dalyahu, in Mitzpah, gekom

14. en vir hom gesê: “Is u wel bewus daarvan dat Ba’alis, koning van die seuns van `Ammon, vir Yishma’el, die seun van N’tanyahu, gestuur het om u lewe te neem?” G’dalyahu, die seun van Agikam, het hulle egter nie geglo nie.

15. Toe het Yoganan, die seun van Kareag, in die geheim met G’dalyahu in Mitzpah gepraat en gesê: “Laat my gaan en Yishma’el, die seun van N’tanyahu, doodmaak en niemand sal weet nie. Hoekom sou hy u lewe neem sodat al die Jode wat by u versamel is, verstrooi word en die oorblyfsel van Y’hudah tot niet gaan?”

16. G’dalyahu, die seun van Agikam, het egter vir Yoganan, die seun van Kareag gesê: “Moenie hierdie ding doen nie, want jy vertel ’n leuen oor Yishma’el.”

Lees volledige hoofstuk Yirmeyahu 40