Ou Testament

Nuwe Testament

Yirmeyahu 4:8-22 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

8. Hiervoor, trek rouklere aan, treur en huil, want die heftige woede van יהוה het nie omgedraai van jou af nie.”

9. “Dit sal gebeur op dié dag,” verklaar יהוה, “dat die binneste van die koning en die binneste van die prinse sal faal en die priesters sal verskrik wees en die profete verstom staan.”

10. Toe het ek gesê: “Ag, יהוה-God, waarlik, ek het hierdie volk en vir Yerushalayim grootliks mislei deur te sê: ‘Julle sal vrede hê’ terwyl ’n swaard aan die keel raak.”

11. In daardie tyd sal dit vir hierdie volk en vir Yerushalayim gesê word: “’n Gloeiende wind sal waai vanaf die kaal hoogtes in die wildernis in die rigting van die dogter van My volk; nie om te wan of skoon te maak nie,

12. maar ’n sterk wind vanaf daardie plekke sal na My toe kom; nou sal Ek ook oordele teen hulle uitspreek.

13. “Let op, hy gaan op soos wolke en sy strydwaens soos ’n warrelwind; sy perde is vinniger as arende. Wee ons, want ons is verwoes!”

14. “Was jou verstand, wil en emosie van boosheid, o Yerushalayim sodat jy gered kan word. Hoe lank sal jou bose gedagtes blyplek vind in jou?

15. Want ’n stem verkondig boosheid vanuit Dan en vanaf die gebergte van Efrayim.

16. Rapporteer dit nou aan die nasies! Verklaar oor Yerushalayim: ‘Beleërders kom uit ’n ver land en lig hulle stem op teen die stede van Y’hudah.’

17. Soos wagters oor ’n veld, is hulle reg rondom teen haar omdat sy teen My gerebelleer het,” verklaar יהוה.

18. “Jou paaie en jou dade het hierdie dinge na jou toe gebring. Hierdie is jou boosheid; hoe bitter! Hoe het dit nie jou verstand, wil en emosie aangeraak nie!”

19. “My lewe, my lewe! Ek is in angs! O, my hart! My hart klop in my, ek kan nie stil wees nie, want jy, my lewe, het die klank van die ramshoring gehoor, die oorlogsalarm!

20. Ramp op ramp word uitgeroep, want die hele land is verwoes; skielik is my tente verwoes, my gordyne het afgeval.

21. Hoe lank moet ek die banier sien, die geluid van die ramshoring hoor?

22. Want My volk is dwaas, hulle ken My nie; hulle is dwase seuns en het geen insig nie. Hulle is slinks om boosheid te doen, maar om goed te doen, weet hulle nie.”Gen 1:2 en na die hemele en hulle het geen lig gehad nie.

Lees volledige hoofstuk Yirmeyahu 4