Ou Testament

Nuwe Testament

Yirmeyahu 38:21-27 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

21. maar as u aanhou weier om uit te gaan, is dit die woord wat יהוה vir my gewys het:

22. ‘Dan, let op, sal al die vroue wat in die paleis van die koning van Y’hudah oorgebly het, uitgelei word na die offisiere van die koning van Bavel en daardie vrouens sal sê: “U goeie vriende het u mislei en u oorweldig; terwyl u voete in die slik weggesak het, het hulle teruggedraai.”

23. Hulle sal ook al u vroue en u kinders na die Kasdeërs uitlei en u self sal nie uit hulle hand ontsnap nie, maar sal deur die hand van die koning van Bavel gevang word en hierdie stad sal met vuur verbrand word.’”

24. Toe sê Tzidkiyahu vir Yirmeyahu: “Laat niemand van hierdie woorde weet nie en jy sal nie sterf nie,

25. maar as die amptenare hoor dat ek met jou gepraat het en by jou kom en vir jou sê: ‘Vertel ons nou wat jy vir die koning gesê het; moet dit nie vir ons wegsteek nie en ons sal jou nie doodmaak nie,’

26. dan moet jy hulle antwoord: ‘Ek het my versoek voor die koning gebring dat hy my nie moet laat terugbring in die huis van Y’honatan, om daar te sterf nie.’”

27. Toe het al die amptenare by Yirmeyahu gekom en hom uitgevra en hy het aan hulle gerapporteer volgens al hierdie woorde wat die koning hom beveel het en hulle het opgehou om met hom te praat, aangesien die gesprek nie gehoor is nie.

Lees volledige hoofstuk Yirmeyahu 38