Ou Testament

Nuwe Testament

Yirmeyahu 37:1-10 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

1. Tzidkiyahu, die seun van Yoshiyahu, wat N’vukhadnetzar, koning van Bavel, koning gemaak het in die land van Y’hudah, het as koning regeer in die plek van Koniyahu (Y’hoyakin), die seun van Y’hoyakim,

2. maar nie hy of sy diensknegte of die mense van die land het geluister na die woorde van יהוה wat Hy deur Yirmeyahu, die profeet, gepraat het nie.Yir 21:2

3. Tog het koning Tzidkiyahu vir Y’hukhal, die seun van Shelemyahu en Tz’fanyahu, die seun van Ma’aseiyah, die priester, na Yirmeyahu, die profeet, gestuur en gesê: “Bid asseblief tot יהוה, ons God, vir ons.”

4. Yirmeyahu het nog in- en uitgegaan tussen die volk, want hulle het hom nog nie in die tronk gesit nie.

5. Intussen het die leër van Farao uit Mitzrayim uitgetrek en toe die Kasdeërs wat besig was om Yerushalayim te beleër, die verslag aangaande hulle hoor, het hulle die beleëring van Yerushalayim afgelig.

6. Toe kom die woord van יהוה tot Yirmeyahu, die profeet en sê:

7. “So sê יהוה, God van Yisra’el: ‘So moet julle sê aan die koning van Y’hudah wat julle na My toe gestuur het om My te raadpleeg: “Let op, die leër van Farao wat uitgetrek het om julle te help, sal teruggaan na sy eie land, na Mitzrayim.

8. Die Kasdeërs sal ook terugkom en teen hierdie stad veg, dit inneem en dit met vuur verbrand.’”

9. So sê יהוה: ‘Moenie julleself bedrieg deur te sê: “Die Kasdeërs sal sekerlik van ons af weggaan nie,” want hulle sal nie gaan nie,

10. want al sou julle die hele leër van die Kasdeërs wat teen julle veg, verslaan en daar onder hulle net gewondes oorbly, elkeen in sy tent, sal hulle opstaan en hierdie stad met vuur verbrand.’”

Lees volledige hoofstuk Yirmeyahu 37