Ou Testament

Nuwe Testament

Yirmeyahu 36:20-32 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

20. Hulle het na die koning in die hof gegaan, maar hulle het die rol in die kamer van Elishama, die skrywer, gebêre en al die woorde aan die koning rapporteer.

21. Toe stuur die koning vir Y’hudi om die rol te gaan haal en hy het dit gaan haal uit die kamer van Elishama, die skrywer en Y’hudi het dit vir die koning en vir al die amptenare wat by die koning staan, gelees.

22. Die koning het in die winterpaleis, in die negende maand gesit met ’n vuur in die koper pan voor hom.

23. Wanneer Y’hudi drie of vier kolomme gelees het, het die koning dit met die mes van ’n skrywer stukkend gesny en in die vuur gegooi wat op die koper pan was totdat die hele boekrol in die vuur op die koper pan verteer was.

24. Tog was die koning en al sy diensknegte wat al hierdie woorde gehoor het, nie bang nie en het hulle ook nie hulle klere geskeur nie.

25. Selfs al het Elnatan, D’layahu en G’maryah by die koning gepleit om nie die boekrol te verbrand nie, wou hy nie na hulle luister nie.

26. Die koning het Yeragme’el, die seun van die koning, S’rayahu, die seun van `Azri’el en Shelemyahu, die seun van `Avde’el, beveel om Barukh, die skrywer en Yirmeyahu, die profeet, te vang, maar יהוה het hulle weggesteek.

27. Toe kom die woord van יהוה tot Yirmeyahu nadat die koning die boekrol, met die woorde wat Barukh deur die diktering van Yirmeyahu geskryf het, verbrand het en sê:

28. “Vat weer ’n ander boekrol en skryf daarop al die vorige woorde wat op die eerste rol was, wat Y’hoyakim, koning van Y’hudah, verbrand het

29. en aangaande Y’hoyakim, koning van Y’hudah, moet jy sê: ‘So sê יהוה: “Jy het hierdie boekrol verbrand en gesê: ‘Waarom het jy daarop geskrywe dat die koning van Bavel sekerlik sal kom en hierdie land vernietig en mens en dier daarop sal laat ophou bestaan?’”

30. ‘יהוה sê daarom aangaande Y’hoyakim, koning van Y’hudah: “Hy sal niemand hê om te sit op die troon van Dawid nie en sy lyk sal uitgegooi word op die hitte van die dag en die ryp van die nag.

31. Ek sal hom, sy nageslag en sy diensknegte straf vir hulle oortredinge en Ek sal oor hulle, die inwoners van Yerushalayim en die manne van Y’hudah al die rampe bring wat Ek teen hulle verklaar, want hulle het nie geluister nie.”’”

32. Toe het Yirmeyahu ’n ander boekrol gevat en dit vir Barukh, die seun van Neriyah, die skrywer, gegee en hy het op dit die diktasie van Yirmeyahu geskryf, al die woorde van die boek wat Y’hoyakim, koning van Y’hudah, in die vuur verbrand het en baie soortgelyke woorde is by hulle bygevoeg.2 Kon 24:12-20

Lees volledige hoofstuk Yirmeyahu 36