Ou Testament

Nuwe Testament

Yirmeyahu 32:6-13 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

6. Yirmeyahu het gesê: “Die woord van יהוה het tot my gekom en gesê:

7. ‘Let op, Hanam’el, die seun van Shallum, jou oom, kom na jou toe en sê: “Koop vir jou my stuk grond wat in `Anatot lê, want jy het die reg van loskoping om dit te koop.’”

8. Toe het Hanam’el, die seun van my oom, na my toe gekom volgens die woord van יהוה, in die hof van die wagte en vir my gesê: ‘Koop asseblief my stuk grond wat in `Anatot, in die land van Binyamin lê, want jy het die reg van besit en die loskoping is joune; koop dit vir jouself.’ Toe het ek geweet dat dit die woord van יהוה was.

9. Ek het die grond wat in `Anatot lê van Hanam’el, die seun van my oom, gekoop en vir hom die silwer afgeweeg: sewentien sikkels silwer.

10. Ek het die akte geteken en verseël en getuies ingeroep en die geld afgeweeg op die weegskaal.

11. Toe het ek die koopbrief gevat, beide die verseëlde een wat die terme bevat en die oop een

12. en die koopbrief aan Barukh, die seun van Neriyah, die seun van Magseyah, gegee voor die oë van Hanam’el, die seun van my oom en voor die oë van die getuies wat die koopbrief onderteken het; voor die oë van almal van Y’hudah wat in die hof van die wagte gesit het

13. en ek het aan Barukh voor hulle oë beveel en gesê:

Lees volledige hoofstuk Yirmeyahu 32